kykNET Reality programme brief

0
222

A commission brief for a games series for adults has been issued by kykNET.  Please see information that follows:

KANAAL kykNET
GENRE Realiteitsprogram
TAAL Afrikaans
TYDSDUUR 47 minute
AANTAL EPISODES 13
BEGROTING R10,000.00 per minuut
R470,000.00 per program

TOTAAL R6,110,000.00

AR Teiken 15
PRODUKSIERIGLYNE

kykNET wil ’n nuwe reeks realiteitsprogramme in Afrikaans vervaardig  wat op ‘n oorspronklike, nuwe plaaslike konsep geskoei is.
Dit beteken egter nie dat ons nie ook na  internasionale konsepte  sal kyk nie.

Om vervaardigers se denke te rig:

Die program moet vol spanning, verrassings en drama wees. Realiteit op sy beste!

Daar is geen spesiale riglyne  nie.  Krap daai grysselle stukkend en dink aan iets wat ons asems gaan wegblaas en kykers vasgenael voor die TV sal hou.

Die tegniese versorging van die program moet puik wees en niks van die realiteit mag  weggesteek word vir die kykers nie.

Die aanbieder moet in sy/haar dertigs wees, op sy/haar voete kan dink met “n moderne, selfversekerde aanslag.

TEIKENGROEP LSM 8 – 10

Gemik op’n gesinsgehoor wat hou van vermaak

VEREISTES
      • “n Gedetailleerde uiteensetting van die kreatiewe benadering asook die konsep vir die program.
      • “n Grafiese voorstelling van die stel
      • Volledige CV’s van die sleutelpersoneel wat vir die produksie van die program verantwoordelik sal wees bv Regisseur; Vervaardiger; Skrywer; Produksiebestuurder en Produksierekenmeester. Dui aan of die personeel permanente werknemers of kontrakpersoneel is.
PRODUKSIE-INLIGTING

    • Adres van geregistreerde produksiekantoor
    • Volledige besonderhede oor die ateljee- en naproduksiefasiliteite wat vir die produksie gebruik gaan word
    • “n Voorlopige produksieskedule (Dag/week 1 tot dag/week z)
    • Besonderhede oor beoogde produksieversekering
    • Besonderhede oor subkontrakteurs wat by die produksie betrek gaan word
KORPORATIEWE INLIGTING

  • Maatskappyregistrasienommer; BTW registrasiesertifikaat;
  • Inkomstebelastingnommer & kopie van registrasiesertifikaat
  • Name van die direkteure of lede of vennote van “n Maatskappy, Beslote Korporasie of Vennootskap
  • Kort opsomming van produksies wat tydens die laatse 5 jaar vervaardig is
  • Verwysings (verskaf minstens 2)
  • Bankbesonderhede
  • Ouditeure
  • Uiteensetting van Bemagtigings- en/of Regstellende Aksie beleid
  • Huidige BEE status
SLUITINGSDATUM Vrydag 8 Oktober 2009  om 12:00
BEKENDMAKINGSDATUM Dinsdag 3 November 2009
ADRESSEER  EN POS AAN

E-POS ADRES

FAKSNOMMER

LEWER AF BY

Die Toesigvervaardiger: Vermaaklikheidsprogramme (kykNET)

Annetjie du Toit
Posbus 2963
PINEGOWRIE
2123

Annetjie.dutoit@mnet.co.za

088-011-686-6141

Magic Sentrum Ontvangs
Bram Fischerrylaan 137
RANDBURG

NAVRAE (011)  686 6141

(indien nie beskikbaar los asb boodskap op antwoordmasjien)

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here