New Members

kykNET seeks 2008 games series

Thu, 10 Jan 2008

kykNET has issued a commission for a new 13-part Afrikaans interactive game series of 50 minute episodes each. The budget is set at R3,500 p min and at R175,000 per episode. The entire budget for the series is R2,275,000. The closing date for submissions is 31 January 2008

PRODUKSIERIGLYNE

Suid-Afrikaanse televisiekykers het die afgelope paar jaar gesien hoe tradisionele speletjiesprogramme ‘n nuwe baadjie aantrek met gesofistikeerde beligting, spanningselemente en amusante en interessante (selfs gemene) aanbieders.

KykNET wil ‘n reeks opwindende en vermaaklike speletjiesprogramme in Afrikaans vervaardig wat op ‘n oorspronklike, nuwe konsep geskoei is. Nuwe tegnieke van speletjies speel met deelnemers, die gehoor en kykers by die huis moet kernbestandele van die program wees. Die hoofdoel van die program is vermaak. Die program moet ‘over te top’ wees met hoogs vermaaklike elemente - ons is opsoek na ongekende vermaak wat nog nooit op Suid-Afrikaanse televisie gesien is nie.

Om vervaardigers se denke te rig:

  • “Lig die rok bo die knie en laat die onderrok uitsteek, skop jou skoene uit en wees versigtig waar jy trap anders beland jy met jou kisklere en al in ‘n bad vol glibberige groen-geel slym!”
  • “ Hou jou lyf legkaartmannetjie en probeer deur Tetris blokke spring”

Verdere Riglyne:

  • Bykans onuitvoerbare take sonder om kru, gevaarlik of wreed te wees teenoor mens of dier.
  • Musiek
  • Speletjies
  • Skilder ‘n prent met onmoontlike groot verkwas
  • Maak ‘n eetbare dis met die minimum tyd en bestandele
  • Vertel ‘n storie
  • Doen hare
  • Skinder van jou skoonma
  • Algemene Kennis
  • Dans
  • Mooi meisies wat mans in ‘n swembad stamp of anders om
  • Speel Tennis, Kegelbal of swem in vreemde uitrustings
  • Jaag 3-wiel en kaskar resies
  • Speel kleilat

Die moontlikhede is onbeperk. Gee jou kreatiewe denkwyse die vrye teuels en laat ons saamspeel, ontspan en dit geniet. Hierdie moet vermaak wees vir ALMAL, met of sonder ‘n gehoor. Ateljee of nie…dit is jou besluit.

Die aanbieder moet in sy/haar dertigs wees, op sy/haar voete kan dink met ‘n moderne, selfversekerde aanslag. Aanbieder hoef nie Meneer Spiere of Mevrou Heelal te wees nie (maar dit help soms).

Die aanbieder moet die program kan dra en as dinge skeefloop dit kan gebruik as deel van die program eerder as om te stop en voor te begin. Lag is die wagwoord - dit is tog die beste medisyne dan nie? Kortom, die aanbieder moet deel van die program en sy deelnemers wees.

Hierdie behoort ‘n heerlike uitdaging te wees vir almal wat kreatief en ‘n bok vir sports is sonder om produksiewaarde in te boet.

For more submission information contact Annetjie du Toit on email Annetjie.dutoit@mnet.co.za or tel no (011) 686 6141

Send this article to a friend Print this page